|

click to enlarge image
Die vroegste gedateerde afbeelding van ‘n
Stellenbosch woning (1686) verskyn op die grondbrief van die
plaas Vredenburgh by Vlottenburg. |
Vredenburgh Hendrik Elbertz eerste eienaar
van Vredenburgh.
Hendrik is gebore 1625 in Osnabruk
Duitsland, oorlede 1699 Stellenbosch Getroud met Aletta ter
Meulen (Molen) van Schuttorf in Hanover. Nege kinders van
wie agt Hendrik oorleef het is uit die huwelik gebore.
Hendrik Elbertz was een van die 9
amptenare wat op 21.2.1657 vrybriewe van die Kompanjie
ontvang het, en wat een van die eerste selfstandige boere
aan die Kaap geword het.
|
In Mei 1660 is hy benoem tot Korporaal
van die Vryburgers wat langs die Liesbeeckrivier gewoon het.
Op 31.1.1678 het Hendrik sy ontslag uit
die V.O.C se diens geneem en die Veepos by Hottentots
Holland gehuur, en sodoende een van die eerste veeboere in
die binneland geword. (Hottentots Holland veepos staan
vandag bekend as Vergelegen)
Toe die Kompanjie einde 1680 Hottentots
Holland as buitepos oorneem, het Hendrik Elberts Januarie
1681 op sy plaas Vredenburgh langs die Eerste rivier gaan
boer.
Sy plaas is later waardeer op 8000
guldens, en sy melk en trekbeeste op 3000 guldens.
In Augustus 1682 deel van der Stel die
Politieke raad mee dat daar nog allerlei geskille oor
plaasgrense en openbare paaie in Stellenbosch omgewing
voortduur. Heemrade van wie Hendrik Elberts een was, word
aangestel om probleme op te los.
Die vroegste gedateerde afbeelding van ‘n
Stellenbosch woning (1686) verskyn op die grondbrief van die
plaas Vredenburgh by Vlottenburg, uit die pen van Johannes
Mulder, die dorp se eerste Landdros en Landmeter.
|
|

click to enlarge image
back to top |
In 1687 was
in Stellenbosch omgewing alreeds meer as 109 000 wingerdstokke,
en in 1692 meer as 233 000.
24 Januarie 1691 word die plaas Vredenburgh aan Hendrik
Elbertz toegestaan deur Goeweneur Simon van der Stel. 62
Morg.
|
|

click to enlarge image
Paul Roux bou die hoofhuis in 1789 |
Na Hendrik se dood in 1699 het sy seun Izak die plaas ge-erf.
Op 22.7.1716 erf Izak se susterskind en haar man, Johannes en
Geertruy Wessels die plaas. 5.11.1716 koop Johannes Wessels ook
die buurplaas Vlottenburg, by Antonie Vlotman. Na Johannes se
dood trou Geertruy met Jan Cloete in 1719.
|
Op 30.11.1734 koop Geertruy Cloete ‘n gedeelte grond van
weduwee v.d.Bijl (Toegestaan aan Izak Van der Hiet 24 Oktober
1689) Hierdie is ‘n belangrike gedeelte in die geskiedenis van
Vredenburgh, dit is waarop die Hoofhuis gebou is.
Na weduwee Cloete verwissel dit ‘n paar keer van eienaars,
Johanns Loubser 1742, Matheus Guillamet 1743, Jan de Villiers
1756 , hy en sy vrou Aletha (gebore Hugo) word op 25 Julie 1761
deur ‘n slaaf vermoor. Herculus Adriaan Malan 1761
Paul Roux IV koop die plaas op 6.5.1772 (Vredenburgh self het
tot 1942 in Roux besit gebly –170jaar)
Paul Roux bou die hoofhuis in 1789
1811 is ‘n Raad aangestel, voorstelle vir
die verbetering van wingerdbou en wynbereidings metodes.
Twee vooraanstaande boere Paul Roux van Vredenburgh en
Pieter van der Bijl albei van die Stellenbosch omgewing, het
alreeds beter boerdery metodes toegepas.
13 Maart 1818 koop Paul IV nog ‘n gedeelte by.
|
|

click to enlarge image |
30.7.1824 verdeel Paul Roux IV die plase:
Vlottenburg aan sy oudste seun Paul V (ook genoem ‘’die
Wynkoper’’) Vredenburgh aan sy derde seun Jacobus Petrus (Koos
Witkop) JP Roux was was die 4de mees welgestelde wynboer in
Stellenbosch distrik. Die getal wingerdstokke 1825 op die
plaas Vredenburgh 110 000 –108leers (62316 liter) -wynproduksie
en 2 leers (1154liter) brandewyn J.P Roux koop nog ‘n
gedeelte by 4.8.1831
1861 word Vredenburgh in twee verdeel ,
Vredenburg Restant en Goedvertrouw word aan Paul Jacobus
Roux gegee.
|
Johan Wilhelm Herold Roux (Afrikaner Jood)
erf die plaas 31.12.1897, hy was getroud met Nettie Neetling.
Hulle het geen kinders gehad nie.
Tielman Neetling het vanaf 1917 op die plaas gewerk, hy
was die broerskind van Tannie Nettie Neetling.
|
|

click to enlarge image
back to top |
Tielman Neetling koop die plaas op
21.12.1942 vir 22000 pond. Hy was bekend vir die maak van
kwaliteit Port en Sherries, wat uitgevoer is onder die
Gilbeys embleem. Toe sy seun Johan plaas in 1962 as Landgoed
wou registreer het hy uitgevind die naam behoort aan die
Gilbeys groep, hy het toe op die naam Vredenheim besluit.
Johan was bekend vir kwaliteit Cabernet Sauvignon.
Coen en Rikie Bezuidenhout koop die plaas
in 1986. Hulle dogter Elzabe het begin wynmaak, en was die
eerste vroulike wynmaker in die Stellenbosch wynroete.
Coen Bezuidenhout is in 2005 oorlede. Sy
seun, dogter en kleinseun het voortgegaan met die
bedrywighede van die plaas.
Kowie du Toit voormalige wynmaker van
Vlottenburg kelder( vandag Stellenbosch Hills) is die
huidige wynmaker.
|
Geboue
Hoofhuis Gebou in 1789 deur Paul Roux. Dit is in 1975 tot
Nasionale Monument verklaar.
|
 |
|

click to enlarge image |
Geuwel
Sy buitelyn bestaan uit 'n reeks kurwes,
met die onderste paar wat die geuwelaansig binneswaai,
terwyl die ander opswaai om in 'n sentrale skulpagtige motief
te eindig. Daar is ander liefelike versiersels in bas-
relief – voëls met pluimpies in hulle bekke, blomme en wat
lyk na die gesig van ‘n klein mannetjie – die geheel
treffend soortgelyk aan die voorgewels van beide Idasvallei
1789 gebou en Hazendal,1790 gebou Dit maak die
veronderstelling moontlik dat dieselfde ambagsman vir al
drie verantwoordelik was.
|
Daar is nog ‘n gewel, aan die agterkant van die huis,
minder ingewikkeld maar ewe mooi.
Die huis is in ‘n H-vorm gebou. Alhoewel die binnekant
baie verander is, bestaan daar steeds ‘n mooi skerm tussen
die voor en agterkamer.
|
|

click to enlarge image
back to top |
1920 Soos baie ander ou Kaapse huise, het
dit kwaai gely onder die Victoriaanse invloed, die rietdak
is met sinkplaat vervang, n’ stoepafdak kompleet met
gietyster en latwerk is bygevoeg en die oorspronklike
voordeur is in ‘n buitegebou ingebou Die pragtige
laat-holbolgeuwel gedateer 1789 het nietemin behoue gebly.
Die huis is ongeveer in
1940/41gerestoureer, Mev Neetling (v.v Tielman Neetling),
vertel dat hulle in die oorlog die huis betrek het en dat
dit toe moeilik was om dit te restoureer, omdat al die
nodige material nie beskikaar was nie. So was hulle
byvoorbeeld baie gelukkig om by ‘n nabygelee steengroef net
die regte onegalige soort teels te kry wat vir die voorstoep
nodig was. Anders as die meeste wonings uit daardie tyd het
Vredenburgh se opstal nie Bataafse teels in die
ingangsportaal nie, maar swart leiklip.
|
Vredenburgh se vensters het nog die
oorspronklike klein ruitjies van handgemaakte glas, maar die
hortjies is met verloop van tyd vervang.
|
|

click to enlarge image |
Volgens San Vivier (kleindogter van
Tielman Neetling) is die es (oond) blykbaar nie op die regte
hoogte ingebou nie. Sy sê ook haar oupa het plaasvolk na
Groot Constantia geneem en aan hulle die huis daar gewys,
sodat hulle ‘n idée kan kry van hoe hulle die huis gaan
restoureer.
|
Van die oorspronklike meubels is vandag
nog in die huis.
|
|

click to enlarge image
Staanhorlosie.
|

click to enlarge image
Ingeboude vertoonkabinet.
|
Ander geboue
Links agter die Hoofhuis is daar ‘n ander
buitegebou met end geuwels, waarskynlik gebou voor die
hoofhuis. Dit is slegs een van enkele voorbeelde van in
"curving" geuwels. Ander voorbeelde, is Vergelegen gebou in
1701, en Nooitgedacht in 1774. Dit is baie ongewoon en raar
om sulke swaar geuwels as end geuwels te gebruik.
|
|

click to enlarge image
back to top |
Volgens mev Santie Vivier (d.v Tielman
Neetling) het haar
pa van die vertrekke gebruik as wynkamers. Daar is ook ‘n
boog ingebreek om die kelder makliker te bereik. Vandag word
dit hoofsaaklik as ‘n woonhuis gebruik.
Kelder
Die kelder is in 1950 afgebreek en herbou
op dieselfde plek as die ou kelder.
In 1986 is daar eers ‘n stoep aan die een
punt van die kelder gebou, wat toe later weer toegebou is
vir ‘n Restaurant. (Restaurant Barrique). Die binnekant is
ook verander in ‘n funksie lokaal asook ‘n wynproe area. Van
die ou sement wyntenks is oopgemaak om kantore te huisves.
|
Die plaas skuur langs die kelder is in
September 2002 verander in ‘n koffiewinkel Hudson’S, asook
‘n funksielokaal. Die vleie agter die gebou is ook omskep in
tuine met die asemrowendste uitsig op die Helderberg. Asook
‘n liefelike visdam.
Interessanthede
1806 Slag van Blouberg, genl Jansen se
troepe word verslaan by Blouberg deur die Britte, hy en ‘n
paar van sy troepe vlug, weg van Kaapstad, en hulle oornag
op Vredenburgh plaas.
Daar is ‘n groot dubbelverdieping gebou,
wat in 2006 deur die Bezuidenhout familie gerestoureer is en
omskep is in woonstelle. Die gebou is in die veertigerjarige
deur mnr Tielman Neetling gebou, en was deel van die Tokai
verbetering skool. Die meer gereabiliteerde studente is
uitgeplaas hiernatoe.
Die gebou langs die dubbelverdieping was
die kantoor, kombuis en dan was daar ook ‘n chill vertrek,
vir wanneer die studente weggeloop het en hulle weer gevang
is, hulle is daarin geplaas tot die volgende dag wat hulle
teruggestuur is Tokai toe. Hulle is opgedeel in spanne om op
die naburige plase te werk, mnr Neetling was geregtig op ‘n
kwart van die mense. Hulle dagloon was 7en n’sikspens. Mev
Rena Roux van Vlottenburg se hulle het gereeld baie fietse
in die plaaslike dam gekry, wat die studente waarskynlik in
die dorp gegaps het en terug plaastoe gery het daarmee, en
het dit dan sommer in die dam gegooi.
Die skool het omtrent net tot in 1958
bestaan en het toe tot nietgegaan. Mnr Albertyn was tot 1950
die hoof, Mnr Horten Griffits tot 1956 en Mnr Carstens
ongeveer twee jaar.
Mnr Tielman Neetling was ook ‘onder
andere ‘n melkboer. Hy het ook Gladiola en Affodille bolle
ingevoer van Holland af, die blomme is ge-oes en dan na
Kaapstad gestuur. asook na Adderley straat. Die studente kon
van die oorskot blomme verkoop vir ekstra sakgeld.
Waar die Vlottenburgh kelder (Stellenbosch
Hills) vandag is was ‘n plaaswinkeltjie, Saphiro, 'n
Duitse-Jood. Hy het ‘n uitstekende kennis gehad van beeste.
Op ‘n keer het hy ‘n kalf van oom Tielman gedokter wat oom
Tielman gesê het hy sal dit nie maak nie. Na ‘n paar weke
was die kalf springlewendig.
Voor die hoofhuis is twee kannonlope, en
in die tuin naby Barrique 'n groter een. In Desember 2007
word die drie kanonne geidentifiseer as 292,293 en 294 en
word die twee kleineris skoongemaak en elkeen kry ‘n nuwe
staander deur mnr Jerry de Vries. Die kleiner een kan weer
skiet.
|
|

click to enlarge image
back to top |
The larger gun is a cast iron 1
pounder by Bailey Pegg & Co. of Brierley Hill in England and
dated about 1800 - 1830. The presence of the weight marking
2:0:21 indicates that it may have been in military service
either at sea or with land forces.
The smaller gun, when it was cleaned,
revealed its true identity as being a 1/2 pounder cast by
the Carron Co. of Falkirk in Scotland in 1782. The 1/2
pounder was never formally used by military forces, but was
cast for merchant ship use, or for sale to the general
public.
|